Hoërskool Rustenburg atleet verteenwoordig SA by die COSASSA Spele
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Rustenburg atleet Nathan van Staden wat gekies is om die Suid-Afrikaansespan te verteenwoordig by die 2025 COSASSA Spele in Lobamba, Ezulwini, Eswatini (Swaziland)! Hy sal deelneem in diskus tydens dié gesogte internasionale byeenkoms wat plaasvind van 23 tot 28 Augustus 2025. Ons is ongelooflik trots op hierdie merkwaardige prestasie! Sterkte, Nathan, gaan gooi daai skyf en maak SA trots!










