Hugenote Laerskool leerder gekies vir die SA Biathle-span
ADVERTISEMENT
Hugenote Laerskool is baie trots op John-William Grobler (gr.7), wat vir die Suid-Afrikaanse Biathle-span gekies is! Hy sal ons land in Desember by die Wêreldkampioenskappe in Mosselbaai verteenwoordig. Dit is ‘n ongelooflike prestasie wat van harde werk, deursettingsvermoë en toewyding getuig.










