Hugenote Laerskool kies hulle Komitee-Voorsitters vir eerste kwartaal
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die leerders van Hugenote Laerskool wat verkies is as voorsitters van die diensrade vir die eerste kwartaal! Mag elkeen van hulle hierdie verantwoordelikheid met trots en passie aanpak. Ons glo dat hulle, soos ware Hugenoters, met integriteit en entoesiasme sal lei. Goeie leiers inspireer ander om ook ’n verskil te maak. Ons sien uit om die impak van hul leierskap te sien!

Die leiers is as volg:
- Kunskomitee : Casey Baron, Adam Clifton
- Skakelingkomitee: Louis Viviers, Ané Human
- Kultuurkomitee: Emma Rossouw, Cassidy Jones
- Sportkomitee: Akohlulwa Mesilane, Leo Cilliers
- Snoepiekomitee: Lemar Campher
- Biblioteekkomitee: Bashirah Adams
- Klankkomitee: Schalk-Willem Smuts









