HS Bredasdorp leerder skitter met Landswye 8ste Plek in Die Poort-Skryfkompetisie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Malienke van Wyk, gr 11, leerder van Hoërskool Bredasdorp wat ‘n landswye 8ste plek vir haar prosa getiteld “Eendag”, verower het in Die Poort-Skryfkompetisie 2026. Dis ‘n gesogte skryfkompetisie van die SA Akademie, met ‘n tradisie wat terugstrek tot 1972.
‘n Keurpaneel bestaande uit vier vooraanstaande letterkundiges en goedgekeur deur die Raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, bepaal die uitslae. Slegs die Top 10 skrywers in elke kategorie se werk word in Die Poort 2026 bundel gepubliseer. Ons is trots dat ‘n BD se werk ook daarin sal verskyn. Voorts het Malienke deelgeneem aan die WKOD se jaarlikse Taalquiz vir Afrikaans Huistaal en ‘n pragtige 82% behaal. Baie geluk!










