Hou die ‘ Cyber Squad’ dop van Laerskool Stulting
ADVERTISEMENT
Laerskool Stulting het die wonderlike nuus gehoor dat ons kodering en robotika span 6de in die land geëindig het uit 132 spanne. Ons gaan die 13de September in Johannesburg gaan deelneem aan die SA kompetisie. Ons is opgewonde en dankbaar vir hierdie geleentheid. Hou die ‘Stulting Cyber Squad’ dop!











