Hoërskool Witteberg leerders presteer aan Radikale Redenaarsfees
ADVERTISEMENT
Die volgende Hoërskool Witteberg leerders het op die 14e Maart aan die Radikale Redenaarsfees deelgeneem en sal in dhul onderskeie kategorieë aan die streeksfinaal deelneem.
“Die 2022 Radikale Redenaarsfees was weer eens ‘n groot sukses, en ons sou dit nie kon doen sonder elke deelnemer se passie om te praat en te lees. Ons waardeer elkeen se deursettingsvermoë en is trots op julle om te sien hoe die standaard elke jaar verbeter. BAIE GELUK AAN ALMAL!! “Die ergste toespraak wat jy kan lewer, is baie beter as die een wat nie gelewer is” – Radikaal Organiseerders
Van links: Thabo Mosethe (Reading Prose), Mignon Thomas (Afrikaans Huistaal, Lees Prosa, Lees Poësie, Reading Poetry), Milan de Villiers (Lees Prosa, Lees Poësie, Jani de Bruin (Afrikaans Huistaal, Lees Prosa, Lees Poësie, Reading Prose, Reading Poetry), Illne Myburg (Afrikaans Huistaal), Petroné Goosen, Isabel Botha, Anri van Deventer (Lees Prosa), Dintle Mokoena Reading Poetry)










