Hoërskool Witteberg kultuuraand 2022
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg het Dinsdag, 18 Oktober die jaarlikse kultuur gala-aand aangebied. Op die aand word verskeie Wittebergers se talente op een verhoog te sien. Items wissel van Koorsang, Serenade, Sang, Drama, Dans en Musikale Instrumemte wat voorgehou word. `n Propvol saal het hierdie geleentheid besonders gemaak. Dit bly `n voorreg om op een verhoog al die Witteberg-talent te kan waarneem. Primêre Skool Jordania se Pom Poms het ook tydens die aand `n draai kom maak.
![]()










