Hoërskool Volksrust Wintersport vs Ferrum
ADVERTISEMENT
Met groot opgewondenheid het die wintersport begin by Hoërskool Volksrust met die PUK-16 reeks. Die netbalmeisies het teen Hoërskool Ferrum gespeel. Hulle spel het aansienlik verbeter en ons sien uit na die volgende wedstryde. Ons is baie trots op ons dogters. Na ʼn lang wag kan ons hokkiespanne hier by Volkies ook weer hul hokkieskoene en stokke afstof en opwindende hokkie speel! Die PUK 16 reeks het begin met wedstryde teen Hoërskool Ferrum. Die kompetisie was straf maar Volkies het nooit opgegee nie en goeie veld gewen. Goeie hokkie was gespeel en die spanne het dit geniet om weer op die baan te speel.
Baie geluk aan ons o.14 dogters wat ʼn baie goeie wedstryd gespeel het en 1–0 wen, met Ayandah Mathonhodze wat as speler van die wedstryd aangekondig word. Die res van ons spanne het die hokkie terdeë geniet en sien uit daarna om hul spel elke week te verbeter. Ons sien uit na die volgende wedstryd wat teen Hoërskool Piet Retief sal plaasvind die naweek. Voorspoed aan die deelnemers:













