Hoërskool Volksrust vaar goed tydens Ferrum se 7’s rugbytoernooi
ADVERTISEMENT
Die o.17 seuns van Hoërskool Volksrust stoot twee spanne in die veld. Wat onderskeidelik elk in sy eie poel deelneem, met die doel om van twee jaargroepe een te maak vir volgende jaar se senior rugbyspanne.Beide van die twee spanne is goed gebalanseerd gewees. Elk doen baie goed in hul poelwedstryde teen spanne van Hoërskool Sarel Cilliers, Newcastle Hoërskool, Panorama en Hoërskool Amajuba waar hulle as wenners van die veld afstap.
Tot gevolg kom die twee Volksrust spanne teen mekaar te staan in die Plaat-finaal waar die een span die ander klop met ʼn telling van 17-12. Baie geluk aan hierdie seuns wat hulle harte uitgespeel het in ʼn veeleisende toernooi. ~mnr. Petrus Schoeman~
![]()










