Hoërskool Volksrust redenaars bewys dat Afrikaans beslis ‘n bakgat taal is
ADVERTISEMENT
Op 26 Mei 2023 het Nardos Mesfin en Vutomi Makhubele deelgeneem aan die semi-finale-rondte van die ATKV-redenaars kompetisie te HTS Witbank. Die leerders het ons ontsettend trots gemaak en definitief Hoërskool Volksrust se naam hoog gehou! Soos die wyse woorde: “Elke prestasie begin met ‘n besluit om te probeer”, het die twee meisies Volkie guts gewys en bewys dat Afrikaans definitief ‘n bakgat taal is vir almal!
![]()










