Hoërskool Volksrust oudleerder stel sy tweede boek bekend
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Renier Houy wat pas sy tweede boek bekend gestel het. Renier is ʼn oud-Volkie wat in 1988 gematrikuleer het. Sy boek, “Kring” is ʼn aksiebelaaide verhaal en die boek blurb lei soos volg: “Geforseerd om die skimme uit sy verlede te trotseer, bevind Oloff Retief homself met sy rug teen die muur. Hy laat die poppe dans en ontrafel ʼn eienaardige raaisel om die bordjies te verhang. Sy lewe is nie ʼn oulap werd in hierdie boeiende, aksiebelaaide verhaal nie, terwyl die dryf na weerwraak hom wil verteer.
ʼn Beeldskone vreemdeling wat sy lewe op verrassende wyse binnedring, plaas hom op ʼn jaagtog. Hy snel herwaarts en derwaarts rond tussen kontinente en emosionele uiterstes. ʼn Jaagtog wat selfs deur die verre geskiedenis ʼn draai gaan maak en waarvan niks so eenvoudig is as wat dit lyk nie…” Volkies is baie trots op hierdie skrywer, wat reeds besig is met ʼn volgende boek en ook ʼn kinderboek met oulike slaaptyd stories. Hoërskool Volksrust wens hom sterkte hiermee toe en sien uit daarna om nog uit sy pen te lees.
![]()










