Hoërskool Volksrust Interhuisredenaars 2022
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust se Interhuisredenaars het plaasgevind op Donderdag, 12 Mei 2022. Dit is die eerste keer sedert 2019 wat ons weer ‘n redenaarskompetisie kon hou. Die Interhuisredenaars is ‘n uitdunkompetisie vir die Interhoërredenaars wat plaasvind op 17 Augustus te Bethal waar die sprekers gaan deelneem teen ander skole se wenners. Die sprekers het hul uitstekend van hul taak gekwyt en die onderwerpe met goeie argumente gerugsteun.
Die wenners is soos volg:
Juniors (graad 8-10):
- Goue medalje: Anoushke Houy
- Silwer medalje: Carla Viviers
- Brons medalje: Vutomi Makhubele
Seniors (graad 11 & 12):
- Goue medalje: Meliné Delport
- Silwer medalje: Tewie Uys
- Brons medalje: Duwan van Niekerk
Die eerste 2 leerders in elke kategorie gaan deur om te gaan deelneem te Bethal. Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het om van die aand ‘n sukses te maak. ‘n Spesiale dank aan die ses beoordelaars wat hulle weg oopgesien het om te beoordeel.
Jnr
~me. Rina Erasmus~










