3 Laerskool Kruinpark kekkelkouse deur na ATKV Nasionaal
ADVERTISEMENT
Op Vrydag, 26 Mei 2023 het agt Laerskool Kruinpark Kekkelkouse aan die ATKV semi-finale redenaarskompetisie deelgeneem. Al die provinsie se beste redenaars het teen mekaar gekompeteer. Slegs twee redenaars per afdeling kon deurdring na die ATKV Landsfinaal, wat in Augustus by ATKV Goudini-Spa, tydens ‘n spoggeleentheid plaasvind.
Imke van der Lith, Bokamiso Maile en Yenani Zama het al drie eerste plekke in hul afdelings behaal en gekwalifiseer om aan die Landsfinaal deel te neem! Kruinpark is baie trots op die drie Kekkelkouse wat die beste redenaars in Mpumalanga in hulle afdelings is. Nou lê daar harde werk voor, voordat hulle met die res van Suid-Afrika se redenaars kompeteer.

van links na regs: Imke van der Lith, Yenani Zama en Bokamiso Maile.









