Hoërskool Volksrust Gr 8 inhuldiging
ADVERTISEMENT
Jim Watkins het gesê: “ ‘n Rivier kerf deur rots, nie as gevolg van sy krag nie, maar as gevolg van sy volharding.” Op 17 Februarie 2022 is die volharding van die meerderheid graad 8-leerlinge beloon tydens ‘n spesiale funksie waartydens hul as volwaardige Volksies ingehuldig is.
Soos verduidelik gedurende die Gr 8 informasie aande wat op 17 en 18 Januarie plaasgevind het, moes leerders ‘n minimum van 20 meriete punte verdien om te kwalifiseer vir inhuldiging. Meriete punte is toegeken vir, deelname, hulpvaardigheid en goeie gedrag, vir die res van die jaar. As leerders wil deel hê aan sosiale geleenthede wat deur die skool aangebied word moet hul 50 meriete punte verdien. Tydens die inhuldiging kon die kwalifiserende leerders vir die eerste keer hul skoolbaadjies aantrek waarna hul elkeen die roofkode moes onderteken waarin hul plegtig beloof om as getroue Volkies hul skool se naam te alle tye hoog te hou. Die aand was afgesluit met die sing van die skoollied en die graad 8’s kon uiteindelik die skool kreet skree.

~mnr. Martin le Roux









