Hoërskool Montana Graad 8’s klok seremonie
ADVERTISEMENT
Nuwe tradisie in Montieland. Vrydag 2 Februarie was die begin van ‘n pragtige nuwe tradisie in Montieland waar elke nuwe graad 8-leerder die klok by die splinternuwe Montie-pharus (Montie-baken) gelui het. Aan die einde van hul skoolloopbaan sal hulle weer geleentheid kry om die klok te lui, as afsluiting van hul hoërskoolloopbaan.










