Hoërskool Volksrust bergfietsryer behaal derde plek by XCO Skole Reeks in Piet Retief
ADVERTISEMENT
Danel de Jager, ‘n graad 10-leerder aan Hoërskool Volksrust, het ‘n pragtige derde plek behaal het in die XCO Skole Reeks wat onlangs in Piet Retief plaasgevind het. Dit was Danel se eerste wedren in ‘n lang tyd en sy het met groot vasberadenheid en toewyding teruggekeer na die kompetisie.
Met hierdie mooi prestasie agter die rug, sien Danel uit na die volgende wedrenne wat voorlê in Secunda, Lydenburg en Nelspruit. Ons weet dat sy die Volksrust-gees sal hoog hou en ons sal aanhou trots maak.










