Hoërskool Swellendam se tennis liga skop af
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swellendam se eerste tennisspanne se liga uiteindelik afgeskop. Die eerste dogter- en seunspanne het dié middag na Robertson vertrek om hul enkel- en dubbelwedstryde te speel. Beide spanne het trots met oorwinnings teruggekeer; eers vir ’n welverdiende KFC en daarna huis toe.
Op Vrydag 30 Januarie het die tweede dogterspan tuis teen HS Montagu meegeding, terwyl die seunspan
teen HS Robertson te staan gekom het. Die dag is afgesluit met indrukwekkende tellings van 22–0 en 21–1 in Swellendam se guns , ’n uitstekende vertoning deur albei spanne.










