Hoërskool Swellendam netbalspelers het die netbalkliniek bygewoon
ADVERTISEMENT
Met die netbalseisoen wat aanbreek, het spelers van Hoërskool Swellendam van 24 tot 26 Februarie 2026 die jaarlikse netbalkliniek bygewoon. Die kliniek is aangebied deur me. Kristen van As, die eerstespan- afrigter, wat spelers laat fokus het op spanwerk sowel as tegniese vaardighede. Die kliniek was ’n sukses en het talle spelers gemotiveer om hard te werk en hul beste te lewer in die komende seisoen.










