Hoërskool Swellendam neem deel aan die T4J Tennistoernooi
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swellendam se eerste 5 dogters en seuns van die tennisspan na Struisbaai vertrek om aan die T4J-toernooi (Tennis4Jesus ) deel te neem. Die opening het by Harbour Café in Struisbaai plaasgevind waar die Swellies saam met 13 ander skole hulle aandete by die see kon geniet!Die Vrydag en Saterdag het bestaan uit gemengde dubbelsen gewone dubbels teen onderskeie skole.
Die resultate is as volg :
- Wen Augsburg 40 – 11
- Wen Bredasdorp 35-16
- Wen Vredendal 47 -5
- Verloor Nico Malan 11-40
- Verloor Swartland 36-15










