Hoërskool Swellendam film klub deurnag
ADVERTISEMENT
Die aand van 24 tot 25 April het ’n groep leerders van Hoërskool Swellendam saam met mej. Berndt die nag by die skool deurgebring om films te kyk en saam tyd deur te bring.

Daar was volop springmielies, koekies, koffie en warm sjokolade vir almal om te geniet. Leerders het die films Yeh Ballet, My Neighbour Totoro en The Others gekyk. Tussen die flieks deur was daar ook karaoke, wat baie gewild was en vir baie pret gesorg het. Die aand was baie lekker en het ‘n wonderlike geleentheid gebied vir Swellies om nuwe herinneringe te skep.

’n Massiewe dankie aan mej. Berndt vir die organisasie van die geleentheid, asook aan mej. Wilson en Loubser vir hul Die ondersteuning.









