Hoërskool Swartland neem deel aan die “Synergy Cup” tennis toernooi in Grahamstad
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swartland leerder Du Preez Erasmus was lid van die Boland Kavaliers o. 15-span, wat van 23 tot 26 Februarie aan die “Synergy Cup” in Grahamstad deelgeneem het. Die deelnemende provinsies was: Boland, WP, Noord-Kaap, Oos-Kaap en SWD. Baie geluk aan Du Preez, wat sy span gehelp het om dié toernooi te wen.










