Hoërskool Swartland ArtHss in ‘n neutedop
ADVERTISEMENT
Kameras, ligte, glimlagte en uitspattige uitrustings: ArtHss in ‘n neutedop. Dit was ‘n aand van die boeke met Robert Bolton agter die mikrofoon en Katinka as seremoniemeester. Al Hoërskool Swartland se deelnemers het spoggerig gelyk en ons kon ons verkyk aan almal se loopplank-manewales en uitrustings. Baie geluk aan ons wenners:
- Mej HSS: Carla Botha
- 1ste prinses: Kim-Lian Wills
- 2de prinses: Amy Phillips
- Mnr HSS: Stefan von Wielligh
- 1ste prins: Benjamin Jacobs
- 2de prins: Johann Dippenaar
Dankie aan juffrou De Clerk en haar komitee wat die geleentheid gereël het. Sonder ons borge sou dit ook nie moontlik wees om die geleentheid aan te bied nie, baie dankie vir julle bydraes.
Foto krediet aan: https://anrimphotography.pixieset.com/arthss/

























