Hoërskool Strand se eie danswêreldkampioen
ADVERTISEMENT
Die vakansie het Hoërskool Strand danser Mieke Carr (Graad 8) Suid-Afrika by die ‘Dance World Cup’ in Portugal verteenwoordig. Dit is ‘n uitstekende prestasie, maar Mieke het ook weggeloop met die titel van Wêreldkampioen in haar afdeling – ‘Junior Dancer Jazz Solo’! Sy het ook 3de gekom (in die wêreld) in ‘Showdance Solo’ en 8ste in ‘Lyrical Solo’. Ons is verskriklik trots oor Mieke se fantastiese prestasies. Welgedaan, Mieke!










