Hoërskool Punt Sport en Redenaars Nuus
ADVERTISEMENT
Ses van Hoërskool Punt se leerders het op 27 April in Oudtshoorn gaan deelneem aan ATKV-Redenaars se eerste uitdunrondes. Die leerders het almal uitstekende toesprake gelewer en ons is trots op elkeen!
Drie van dié leerders dring deur na die semifinaal wat op 28 Mei in Port Elizabeth plaasgevind het.
- Rossouw Gericke Gr.8 (onvoorbereid)
- Mariné Botha Gr.11 (voorbereid)
- Lischen Roets Gr.12 (voorbereid)
Ons weet hulle het die Visse se naam hoog gehou!
Middel: Rossouw Gericke Gr.8
Regs: Mariné Botha Gr.11
Links: Lischen Roets Gr.12
Punt se eerste netbalspan seëvier
Hoërskool Punt het op 10 en 11 Mei teen Hoërskool Outeniqua meegeding op Outeniqua se tuisveld.
Ons hokkieseuns en –dogters het strawwe kompetisie gehad, maar het hul goed van hul taak gekwyt en nooit opgegee, ten spyte van sterk kompetisie nie. As gevolg van beurtkrag in George kon die eerste seunshokkiespan nie speel nie, aangesien die spreiligte nie gebruik kon word nie. Hoërskool Punt is egter opgewonde om verskeie skole later vanjaar op hul splinternuwe Astrobaan te onthaal.
![]()
Outeniqua is die enigste skool in die Eden-distrik wat al 15 netbalspanne van Punt kan akkommodeer. Dit was ‘n goeie dag vir netbal, waar verskeie van punt se netbalspanne geseëvier het. Die hoogtepunt van die dag was egter toe Punt se eerstespan ‘n oorwinning van 23 – 22 behaal het. Hoërskool Punt het ook gedurende die wedstryd nie een keer agter geraak nie. Elke dogter het hul alles gegee en voluit baklei tot aan die einde van die wedstryd.
Opgewonde Punt-dogters het die dag afgesluit op die netbalbaan deur hul span geluk te wens met hierdie besonderse oorwinning.









