Hoërskool Ermelo hou herdenkingsdiens en kransleggingseremonie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo was bevoorreg om op 6 November 2022 deel te wees van die herdenkingsdiens en kransleggingseremonie van die M.O.T.H organisasie (Memorable Order of Tin Hats).Hulle het hulde gebring aan die soldate wat vanaf die tweede wêreldoorlog tot nou toe, gesterf het.
Na die gasspreker, Brigadier Generaal (afgetree) RJ Coetzee, se toespraak, het ons weer nuwe respek vir al die soldate wat hulle lewe op die spel plaas vir ons land!
Die organisasie het die Hoërskool Ermelo se blommekrans opreg wardeer en vir ons is dit ’n voorreg om sonder ophou die gemeenskap te ondersteun waar moontlik.











