Hoërskool Piketberg leerder aangewys as Miss Teen Piketberg 2026
ADVERTISEMENT
Hoërskool Piketberg leerder aangewys as Miss Teen Piketberg 2026. Ashlenay Botha, ‘n Graad 8 leerder van PHS, is die 21ste Februarie gekroon as Miss Teen Piketberg 2026! Na haar kroning is sy amptelik gekies om Piketberg in Johannesburg te verteenwoordig by twee nasionale kompetisies, naamlik Miss Teen World South Africa en Miss Teen Universe South Africa.

Hierdie geleentheid is nie net ’n persoonlike mylpaal vir haar nie, maar ook ’n trots vir ons gemeenskap en die skool wat sy verteenwoordig. Ashlenay werk hard om ’n positiewe rolmodel vir ander jongmense te wees. Sy dra die waardes van dissipline, deursettingsvermoë, respek en gemeenskapsbetrokkenheid uit, eienskappe wat sy ook by die skool ontwikkel en uitleef. Ons glo dat haar deelname aan hierdie nasionale platforms haar verder sal help om selfvertroue, leierskap en verantwoordelikheid te ontwikkel. Ons staan bankvas agter jou, Ashlenay! Sterkte met die reis wat voorlê.









