Hoërskool Outeniqua leerders skitter aan die nasionale uithouritkompetisie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Lea-Michele Muller in gr. 8 wat verkies is tot die Wes-Kaap span wat aan die nasionale uithouritkompetisie in Fauresmith gaan deelneem. Die kompetisie vind vanaf 8 – 10 Julie plaas. Welgedaan Lea-Michele, dit is ‘n wonderlike prestasie en Hoërskool Outeniqua is ongelooflik trots op jou! Baie sterkte vir jou en jou perd, Rafara met hierdie uitdaging en ongelooflike geleentheid!
![]()









