Hoërskool Merensky rugby neem Brits op horings
ADVERTISEMENT
5 Maart was ‘n opwindende dag vir Merensky-rugby. Vier spanne het ounag per bus na Hoërskool Brits gereis om daar aan vriendskaplike wedstryde deel te neem. Al die wedstryde was propvol hardlooprugby. Aangesien Hoërskool Brits se o.14-span nie beskikbaar was nie, het die Plasie Skiewiespan ‘n oefenkamp op eie bodem gehad.
Die o.15-seuns het in Brits die veld geopen met ‘n telling van 43-3. Jayden Visser en Luhann Jansen van Rensburg het elkeen hier 2 drieë vir hul span aangeteken. Daarna was dit die Ratels (2e-span) se beurt, waar Thato Masedi en Mahlatse Semosa ook elkeen ‘n tweekuns behaal om die telling na 45-19 op te stoot. Die o.16’s speel ‘n klipharde voorwedstryd waarin hulle seëvier met 21-0.
Uiteindelik was dit die 1e-span se beurt om op die veld te draf. Van die afskop was dit duidelik dat die manne van Brits ‘n fisiese stryd gaan voer. So het hulle dan ook die eerste punte aangeteken – met ‘n dryfmaalbeweging vanaf ‘n lynstaan. Die Plasie-manne het terugbaklei en, na mooi hande in die agterlyn, het Reese Coetzee (buitesenter) oorgeduik vir Merensky se eerste punte.
Neil van Vuuren (binnesenter) het twee strafskoppe verdoel om die halftydtelling 11-5 te maak. Van Vuuren slaag weer met ‘n strafskop in die tweede helfte, wat die telling 14-5 maak. Met puik hande van Clifford Ledwaba (reserwe-senter) en uitstekende voetwerk van Klokke Mohlala (regtervleuel), kon die Plasies daarin slaag om die telling na 21-5 op te stoot nadat die drie deur Reese Coetzee verdoel is. In die doodsnikke van die wedstryd druk Hoërskool Brits ‘n drie, wat ‘n eindtelling van 21-12 op die telbord plaas. Merensky rugby is oorgehaal vir hul vriendskaplike wedstryde op Plasiepark, wat op 12 Maart teen Hoërskool Pietersburg gespeel sal word.
Neil van Vuuren loop met die bal, terwyl Klokke Mohlala hom ondersteun.
Clifford Ledwaba
Clifford Ledwaba
Neil van Vuuren se skopskoen praat.
Reese Coetzee beur vorentoe, met Phillip Ludick gereed om te help.
Clifford Ledwaba
Reese Coetzee
Reese Coetzee
Clifford Ledwaba
Fotokrediet aan: Marié Huysamen










