Hoërskool Martin Oosthuizen neem die voortou met landbou-onderrig
ADVERTISEMENT
Sedert 1920 neem Hoërskool Martin Oosthuizen die voortou met landbou-onderrig. In 1936 het ons geskiedenis gemaak as die eerste skool in die land wat praktiese landbou-onderrig as erkende matriekvak aangebied het – ’n eerste vir landbou-onderwys in Suid-Afrika. Vandag bou ons voort op hierdie trotse erfenis. Met ’n nuwe baanbrekersvennootskap skep ons unieke geleenthede vir ons landbouleerders om hul toekoms te versnel en hul plek in die landbousektor met selfvertroue in te neem.
Begin reeds in Gr 10 en voltooi jou skoolloopbaan met ’n ekstra NKR Vlak 4-kwalifikasie, wat dien as jou eerste jaar van ’n B.Agric-graad wat erkenning geniet by al die tersiere instellings. Baie dankie aan ons vennote: Vine Academy and Model Farm en I3A. Hou gerus die media en sosiale media dop vir nog meer inligting. Waar dit begin het… begin dit weer!










