Hoërskool Martin Oosthuizen akteurs tree op by Suidoosterfees
ADVERTISEMENT
Hoërskool Martin Oosthuizen akteurs tree op by Suidoosterfees. Hoërskool Martin Oosthuizen se toneel gaan net van krag tot krag. Die skool is uitgenooi om ‘n produksie op die planke te bring gedurende die Suid-Oosterfees van 2022. Hierdie uitsonderlike eer bied aan die akteurs van HMO die geleentheid om die teaterbedryf op skoolvlak op profesionele vlak te ervaar.
Die produksie, Neer daal die reën, wat in 2021 die teaterpryse opgeraap het is die komende week op die planke. Die produksie staan onder die bekwame leiding van mnr Barnie Mans. Benewens die optrede gaan die akteurs ook verskeie ander produksies, lesings en werkswinkels bywoon wat by die fees aangebied word. Voorwaar ‘n uitsondelike ervaring wat HMO aan die skool se dramaleerders bied.
















