Hoërskool Langenhoven Erkenningsaand 2025
ADVERTISEMENT
Hoërskool Langenhoven het hulle jaarlikse Erkenningsaand aangebied — ’n aand gevul met trots, prestasie en waardering vir uitsonderlike harde werk. Ons eer vandag ons akademiese toppresteerders van 2025:
- Graad 8: Carli Jordaan — 92,64%
- Graad 9: Izel Delport — 94,06%
- Graad 10: Ben Fouché — 92,5%
- Graad 11: Megan Odendaal — 90,71%
- Graad 12: Mila Viljoen — 95,29%
Hoërskool Langenhoven is ongelooflik trots op hierdie leerders se toewyding en uitmuntende werk!
- Kultuurleerder van die Jaar: Hansie Beukes
- Sportvrou van die Jaar: Chelsea Saayman
- Sportman van die Jaar: Johan Janse van Rensburg
- Goossen van der Merwe-trofee vir uitnemende prestasie in akademie én sport: Johan Janse van Rensburg
- Ambassadeur 2025: Mila Viljoen
’n Groot dankie aan elke leerder, ouer en onderwyser wat bydra tot hierdie kultuur van trots en prestasie. Spesiale dank aan Erica Taljaard van Kanetberg Flora vir die ongelooflike skenking van al die proteas wat hierdie and so mooi en gesog gemaak het, saam met die talentvolle ontwerper Diederik Geldenhuys van Bossiegoed.






















