Hoërskool Langenhoven Erkenningsaand 2023
ADVERTISEMENT
Hoërskool Langenhoven Erkenningsaand 2023. Ambassadeurstoekenning: Benjamin Esterhuizen (hoofseun van 2023) het tydens die Erkenningsaand die gesogte Ambassadeurstoekenning ontvang. Hierdie leerder en leier van HS Langenhoven ontvang dié besondere toekenning omdat hy die leuse van die skool, nl “GETROU” ten alle tye en op alle terreine uitleef. Benjamin het die vermoë om die régte ding op die régte tyd te doen én te sê. Verder beïndruk hy met sy optrede en voorbeeld wanneer hy in die skoolgange-, klaskamers óf op die sportveld is. Daarmee saam, is Benjamin ook ‘n ambassadeur wanneer hy nié sy skool- of sportdrag aanhet nie. Die agting wat ons ambassadeur van 2023 onder mede-leerders, personeel en elkeen wat sy pad kruis, afdwing, maak van Benjamin ‘n waardige en vólwaardige wenner van HS Langenhoven se Ambassadeurstoekenning. Die skool is baie trots op jou, Benjamin!

Benjamin Esterhuizen
Ons is baie trots op ons akademiese presteerders. Die toppresteerder in graad twaalf is Irmari Oosthuizen (hoofdogter van 2023). Sy het medaljes vir die beste prestasie in Engels en Rekeningkunde ontvang. Haar gemiddeld is 91,36%. Sy ontvang ook volkleure vir akademie asook vir Voortrekkers.

Graad elf se toppresteerder is Inga Rall met ‘n gemiddeld van 93,25%, graad tien is Ansua du Buisson met 95.18%, graad nege is Anze Gildenhuys met 91.82% en graad agt se toppresteerder is Ben Fouché met 91.44%. Die skool is baie trots op elkeen van hierdie leerders!
Erkenningsaand 2023.




























