Hoërskool Jan van Riebeeck spog met leerders se prestasies
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Simon van den Berg, Hoofleier van Hoërskool Jan van Riebeeck, wat verkies is om die 64ste Die Burger Jeugleierskonferensie vanaf 11 tot 15 Desember by te woon. Slegs 50 hoofleiers van skole in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap word jaarliks gekies om dié konferensie (in samewerking met die WKOD) by te woon.
Hoërskool Jan van Riebeeck is ook trots en opgewonde dat vanjaar se konferensie hier op die Jan van Riebeeck-kampus aangebied word. Dié 50 jeugleiers sal almal in Hoërskool Jan van Riebeeck se koshuis tuisgaan en verskeie leierskapsessies, aanbiedinge deur top sprekers en sosiale aktiwiteite in Hoërskool Jan van Riebeeck skoolgebou en Welgemeend geniet. Geniet hierdie besondere geleentheid, Simon!
![]()
Die Matriekkomitee vir 2022/2023 word aangekondig. Hierdie leerderleiers gaan die matriekraad en VRL ondersteun deur spesifiek aan matriekprojekte en -inisiatiewe aandag te gee. Hul tree ook as Hoërskool Jan van Riebeeck se mentors vir die graad 8-leerders op. Die mentoropleiding het ook vanmiddag plaasgevind onderleiding van die twee voorsitters Jamie Nel en Hanli Theron.
Hierdie leiers is opgewonde en sien uit om in 2023 hulle idees met die res van die skool te deel. Enige matriekleerder wat ‘n sinvolle impak wil maak, kan hul kom help in die lekker projekte wat hul gaan beplan. Baie geluk en baie sterkte met jul groot taak!
- Hanlie Theron (voorsitter)
- Jamie Nel (voorsitter)
- Lesley-Ann van Schalkwyk
- Nian du Toit
- Albert Matthee
- Bernard Wiese
- Natasha Roos
- Guilia Nel
- Chanté du Plessis
- Paul Schultz
- Aimee Els
- Charné Basson
- Annique Wait
- Stefan Turkstra
- Tayden Groenewalt
- Nicole Prinsloo
- Ghafsa Thompson
- Daniella Nikoforus
- Zia Meintjies
- Hans-Jacob Hoffman
- Monique Liebenberg
- Francois Liebenberg
- Nina Crouse
- Kiara du Plooy
Afrika Junior o.20-skaakkampioen Jan Karsten in graad 8 is vroeër vanjaar as die o.14-Afrika-skaakkampioen gekroon… en nou is hy ook die nuwe Afrika Junior o.20-skaakkampioen! Jan het hierdie titel die afgelope naweek in Bejaia, Algerië verower. Dit gee hom nou ‘n voorwaardelike IM-titel (International Master-titel) asook ‘n GM-norm (Grand Master). Jan is op 14 jarige ouderdom die jongste Afrika Junior o.20-kampioen tot nog toe! Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie, Jan – Hoërskool Jan van Riebeeck is baie trots op jou!
![]()










