Hoërskool Hermanus tennisspeler eindig as Nommer 2-speler vir die Kavalierspan
ADVERTISEMENT
Hoërskool Hermanus tennisspeler Stefan Stieger het aan die Kavalier interprovinsiale tennisproewe, wat in die Paarl aangebied is, deelgeneem. Stefan het puik tennis gespeel en eindig as die Nommer 2-speler vir die Seuns onder 19 Kavalierspan! Hierdie span neem in Januarie in Pretoria deel aan die SA Skole Interprovinsiale toernooi.










