Hoërskool Framesby dansers presteer
ADVERTISEMENT
14 Hoërskool Framesby leerders van die Dansklub het Saterdag aan die Dare2Dans kompetisie in die Veremarksaal deelgeneem. 13 Skole het deelgeneem. Lara Nell en Charné Fourie het die Big Sister – Little Sister se Ballroom-afdeling gewen. Hulle behaal ook die 4de plek in die Latin American afdeling.










