Hoërskool Framesby atleet word ingesluit in die Afrika-Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby-atletiek wil graag Kayden Thorreson gelukwens met sy insluiting in die Suid-Afrikaanse span wat aan die o.18 en o.20 Afrika-Kampioenskappe gaan deelneem. Kayden is ook die énigste OP-Atleet wat in die span ingesluit is. Die Kampioenskappe vind 16 – 20 Julie 2025 te Abeokuta, Nigeria plaas. Ons wil vir Kayden voorspoed toewens in sy voorbereiding vir die Kampioenskappe. Ons is baie trots op jou, Kayden!










