Hoërskool Jim Fouché leerders is in die skryfbedryf
ADVERTISEMENT
Die Poort-kompetisie is ‘n gesogte nasionale skryfkompetisie vir hoërskoolleerders van Suid-Afrika en Namibië. Dit is ‘n groot eer as jou werk in die Poort-bundel verskyn. Vier van Hoërskool Jim Fouché se skryfwerk is gekeur vir dié bundel. In die poësie-afdeling is Brückner van der Lingen, ‘n graad 11 leerder, is met sy gedig Hoop gekeur.

Bruckner van der Lingen
Drie matrikulante se opstelle word in die bundel opgeneem, naamlik Merigen Jordaan, Roedine van der Merwe en Mieke Swarts. Twee van hierdie leerders se opstelle is NASIONAAL aangewys as van die top tien opstelle.

Merigen Jordaan (links) lê vierdie nasionaal, terwyl Roedine van Der Merwe (middel) vyfde lê.









