Hoërskool Ferrum ATKV Redenaars Semi-finaal uitslae
ADVERTISEMENT
Die uitslae van die ATKV Redenaars Semi-finaal is bekend – en Hoërskool Ferrum leerders het uitmuntend presteer! Baie geluk aan al ons talentvolle redenaarsleerders – julle het gewys dat woorde krag dra! Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Baie geluk aan Frans Botha wat deurdring na die Nasionale Finale rondte van die ATKV Redenaarskompetisie! Sy harde werk, spitsvondigheid en selfvertroue neem hom nou na die volgende vlak. Die Nasionale Finaal vind plaas op 5 en 6 Augustus 2025 by ATKV Goudini Spa. Frans – ons staan agter jou elke tree van die pad!












