Hoërskool Ermelo word gemotiveer deur entrepreneur
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo word gemotiveer deur entrepreneur.
Albert van Wyk is ‘n entrepreneur, eiendomsbelegger en skrywer van die topverkoper “How to Become a Millionaire at 22”. Hy is tans besig om duisende Suid -Afrikaners se lewens te verander deur hulle in staat te stel om finansiëel onafhanklik te word. Hy bemagtig studente en entrepreneurs regoor SA om ook miljoenêrs te word. Albert is ‘n passievolle 29-jarige filantroop wat saam met sy span al bykans 26 000 studente en 235 skole bereik het met sy “millionaire”- projek.
Van kleins af het hy besef dat harde werk sukses voortbring en het sy eie sakgeld verdien. Hy verwerf sy Bedryfs-Ingenieurswese-graad . Op 19 het hy sy eerste eiendomme gekoop en op 22 sy eerste boek “How to Become a Millionaire at 22” gepubliseer. Vandag is Albert se hoofprojekte eiendomsbelegging, ‘n ingenieurs-firma, ‘n aanlynmedia-besigheid (Gazzaroo) en sy “Millionaire at 22” landswye projek. Albert lewe volgens die mantra “MAAK dit werk” en glo dat as jy ‘n miljoenêr wil word ,moet jy by ‘n miljoenêr leer. Hy het vandag sy storie met die Erries gedeel en EHS se leerders begeesterd gelaat.
Me Marita Moolman, mnr Albert van Wyk en me Marilie Louw tydens hul besoek aan die Erries.










