Hoërskool Overkruin leerders skitter in Maak My ‘n Miljoenêr Entrepreneurskap kompetisie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Overkruin leerders Wian van der Merwe, Philip Jacobsz, Carel Dirker en Wiechert Powroznik wasby die brandbank (uitdun rondte) van die Maak My ń Miljoenêr Hoërskool Entrepreneurskap kompetisie. Hulle aparte besighede, W&P Heuning (Wian en Philip) en Solar Shine (Carel en Wiechert), is deur na die Top 30 in Suid-Afrika! Hulle gaan in die Junie-Julie vakansie ATKV-Oorde regoor Suid-Afrika besoek vir die volgende uitdun rondtes. Baie geluk julle, ons is trots! Ondersteun gerus hulle drome!










