Hoërskool Ermelo rugby seëvier tydens Noordvaal-uitspele
ADVERTISEMENT
Errie-rugbyspanne seëvier in Noordvaal-uitspele
Op Saterdag 29 Julie het die Erries se o.15A, o.16A- en eerstespan teen Hoërskool Oosterlig te staan gekom in die Noordvaalkompetisie se uitspeel-wedstryde.
Die o.15A span wen met ’n telling van 17-7 die o.16A span verloor met 22-35 en die Hoërskool Ermelo TWK Eerste span wen die wedstryd met 20-10
Die o.15A span en die eerstespan speel op Saterdag 5 Augustus op hulle tuisveld in die Noordvaal-kwartfinaal teen onderskeidelik Hoërskool Centurion en Midstream College.
Baie geluk aan hierdie spanne en sterkte met die wedstryde wat voorlê.














