Hoërskool Ermelo neem deel aan INTER-AFRICA-tennistoernooi.
ADVERTISEMENT
Vanaf 6 tot 9 September 2023 het die Hoërskool Ermelo se tennisspanne in Bethlehem deelgeneem aan die Inter Africa-tennistoernooi. Die hoofrede agter hierdie toernooi is om die leerders bloot te stel aan uitstekende kompetisie en hul spel te ontwikkel. Die eerstespan-dogters en -seuns het teen top skole meegeding en hul uitstekend van hul taak gekwyt. Die dogterspan het bo Marais Viljoen en Helpmekaar geëindig in hierdie toernooi. Baie geluk aan elkeen van die tennisspelers en die afrigters met besondere tennis.












