Hoërskool Ermelo leerders behaal plekke in kreatiewe skryfkompetisie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo leerders behaal plekke in kreatiewe skryfkompetisie. Meer as 1000 deelnemers uit elke provinsie het vanjaar met hul skryftalent gespog en aan Beeld se kreatiewe skryfkompetisie deelgeneem.Baie geluk aan Maritz Hancke wat ’n derde plek en ’n persentasie tussen 95% en 100% in Afrikaans Huistaal behaal het, asook Isabelle Moussier wat ’n vierde plek (persentasie tussen 90% en 100%) behaal het in Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Maritz ontvang ‘n kontantprys en albei leerders kan gratis aanlynkursusse bywoon. Hulle onderwyseres, me Petro Bouwer, ontvang ook ‘n kontantbedrag.
Bo en behalwe hierdie twee leerders, is daar nog Erries wat presteer het: Nqobile Zwane behaal tussen 80% en 89% vir Afrikaans EAT. Elandri Swart, Isabella Burgers en Frané Swart behaal tussen 90% en 94% vir Afrikaans HT. Walter van der Walt, Maret Maritz en Zané du Plessis behaal tussen 85% en 89% vir Afrikaans HT. Helené Lotz, Tharina Viljoen, Rinus Louw, Ruan Grobler en Kayleigh Moore behaal tussen 80% en 84% vir Afrikaans HT. Die Erries is besonder trots op hierdie leerders en hulle onderwyseres. Mag Afrikaans altyd lewend bly in jul gedagtes, harte en monde!
Isabelle Moussier en Maritz Hancke










