Hoërskool Ermelo Jeugskou-leerders in MPU-jeugskouspan
ADVERTISEMENT
Errie maak skoonskip by OppiPlaas-jeugskou. Tydens die OppiPlaas-jeugskou waaraan verskeie Erries deelgeneem het, het EHS se jeugskou-leerders uitstekend presteer. Deléne Arnoldi behaal ’n eertse plek in senior Kulinêre Kuns en Zetske van der Merwe behaal ’n twee plek in dieselfde kategorie.
- In die senior Pluimvee-afdeling behaal Sudré Meyer ’n eerste plek en Jade van Strijp eindig tweede.
- Martionette Rautenbach behaal ’n eerste plek in die senior Wolskaap-afdeling.
- Amahle Nzimande en Anele Mzinyane behaal onderskeidelik ’n tweede en derde plek in die senior Konyn-afdeling.
- Nia Möller behaal ’n tweede plek in die Afslaers-afdeling.
Al agt bogenoemde Erries is gekies vir die Mpumalanga-jeugskouspan wat in Oktober aan die Nasionale Jeugskou gaan deelneem in Lichtenburg. Baie geluk aan elke leerder met hierdie uitsonderlike prestasie. EHS is trots op wat julle bereik.

vlnr): Delène Arnoldi, Jade van Strijp, Sudré Meyer, Amahle Nzimande, Anele Mzinyane, Nia Möller en Zetske van der Merwe
Afwesig tydens neem van foto: Martionette Ruatenbach









