Hoërskool Ermelo graad 12’s in Gert Sibande Top 100
ADVERTISEMENT
Op Woensdag 14 Augustus is drie Erries uitgenooi na die Gert Sibande Distrik se prysuitdeling vir die top 100 leerders in die distrik. Hierdie prestasies is bepaal na aanleiding van die Junie-eksamen se uitslae.
- JF Möller ontvang die prys vir nommer vier in die distrik. Hiermee ontvang hy verskeie pryse, insluitend ’n rekenaar en ‘n trofee.
- Katelyn Potgieter en Blessing Oduntan is ook deel van die Top 100 in die distrik in onderskeidelik die 85%- en 82%-afdelings.
Baie geluk aan hierdie leerders met die besondere prestasies en sterkte aan al die matrieks met die komende rekordeksamen. Hoërskool Ermelo glo in elkeen!
JF Möller
Katelyn Pogieter
Blessing Oduntan










