Hoërskool Ermelo gholfer staan haar man by kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Bea Breedt, graad 12 leerder van Hoërskool Ermelo, het in Februarie aan verskeie gholftoernooie deelgeneem. Vanaf 4 tot 6 Februarie het Bea aan die Suid-Afrikaanse Vroue Amateur “Stroke Play”-Kampioenskap by die Modderfontein Gholfklub deelgeneem. Uit die 144 spelers eindig sy in die 25ste plek en kwalifiseer dus vir die Suid-Afrikaanse Vroue Amateur “Match Play”-Kampioenskap. Dié slagspel kampioenskap is ook by die Modderfontein Gholfklub aangebied en het plaasgevind vanaf 7 tot 9 Februarie. In hierdie kampioenskap eindig Bea in die negende plek.
Vanaf 13 tot 16 Februarie neem Bea deel aan die Gholf RSA Internasionale Amateur Kampioenskap by Houghton Gholfklub. Bea was selgs een van 32 meisies wêreldwyd wat uitgenooi was om deel te neem aan dié kampioenskap. Bea speel baie hoë gehalte gholf en eindig in die top 12. Bea se maand van gholf het nie daar geëindig nie. Op Sondag, 25 Februarie, neem sy deel aan die Barberton Junior Ope. Bea wen die dogters afdeling en is ook die beste speler onder al die seuns en dogters van die dag. Met hierdie wen het Bea daarin geslaag om drie Junior Ope toernooie in ‘n ry te wen, asook twee toernooie as die beste speler van beide die seuns- en dogtersafdelings aangewys te word. Baie geluk met hierdie besondere prestasie, Bea. EHS is trots op die hoogtes wat jy bereik!

Bea SA Amateur Gholf ope

Bea SA Amateur Gholf ope









