Hoërskool Duineveld trots op uitruilstudent na Duitsland
ADVERTISEMENT
Albert Oberholster van Hoërskool Duineveld is verkies tot ‘n uitruilstudent na Duitsland vir 4 weke gedurende die Desember somervakansie. Dit behels dat hy by ‘n Duitse familie sal tuis gaan, Duitse skole bywoon, die taal probeer bemeester en aan Duitse kultuur blootgestel word. Albert moes aan ‘n streng keuringsproses deelneem om die voorreg te beurt te val. Baie geluk Albert en ons is trots op jou om as ambassadeur vir Hoërskool Duineveld te gaan optree in Duitsland.










