Hoërskool Duineveld stap weg as die beste hoërskool vir tweekamp Kampioenskap
ADVERTISEMENT
Griekwaland-wes Tweekamp het op 22 Februarie 2025 plaasgevind. Dit was n tuis kampioenskap en die Velties kon die tuis voordeel benut.
Hoërskool Duineveld stap toe aan die einde van die dag as die beste hoërskool weg en ontvang ‘n pragtige trofee.
Individuele uitslae is as volg:
o.15 seuns
Dehan Lubbe eindig 1ste met n persoonlike beste.
o.17 seuns
Cois du Plessis eindig 3de.
o.19 dogters
Catherine Griessel eindig 2de met persoonlike beste.
o.19 seuns
Douw Steyl eindig 1ste met ñ persoonlike beste.
Gideon Niemand eindig 2de met persoonlike beste.
Junior Vroue
Izanne Maritz eindig 1ste met persoonlike beste.
Spesiale afdeling
Dine Joubert eindig 1ste.
Dankie aan elke atleet wat die seisoen hard gewerk het tot nou toe. Die Suid-Afrikaanse kampioenskappe is nou volgende. Ons het die volgende 8 atlete wat Griekwaland-wes span gehaal het:
- Dehan Lubbe
- Cois du Plessis
- Catherine Griessel
- Douw Steyl
- Gideon Niemand
- Markus vd Merwe
- Izanne Maritz
- Dine Joubert
Daar word nog 10 addisionele atlete ingesluit, maar ons het ongelukkig nog nie amptelik daardie name ontvang nie.










