Hoërskool Dirkie Uys leerder neem deel aan die Interprovinsiale Tennistoernooi
ADVERTISEMENT
Liebe van Schalkwyk leerder van Hoërskool Dirkie Uys het vanaf 10-13 Januarie aan die Interprovinsiale tennistoernooi in Pretoria deelgeneem waar sy die 0.15 Weskaap Kavalierspan verteenwoordig het. Die span dring deur na die finale rondte van die toernooi, maar verloor ongelukkig in die finaal en eindig 2de.
Liebe wen al haar enkelwedstryde en is gekies as reserwe vir die SA-skolespan wat na Engeland toer in Junie 2024. Baie geluk Liebe!










