Hoërskool Die Wilgers ruitersport resultate
ADVERTISEMENT
Hoërskool Die Wilgers se Western Mounted Games-ruiter, Schalk Scheepers (graad 11), het aan die SANESA Western Mounted Games in Hekpoort deelgeneem. Hy is die Saterdag (3de rondte) en Sondag (4de rondte) as die kampioen aangewys op vlak 7 wat die hoogste vlak is. Annika Pieterse (graad 12) het aan die eerste SANESA kwalifiserende rondte te Eaton Farm in Blue hills, deelgeneem. Sy behaal ‘n 1ste plek in Working Riding, ‘n 3de plek in Inhand, ‘n 5de en 6de plek in Dresseer en ‘n 7de plek in Performance Riding.

Annika Pieterse









